VOX POPVLI :

VOX POPVLI :



Latin: /'vɒks pɒpjʉliː/ VOICE OF THE PEOPLE



It's Winter and we're Migrating

Exciting web developments are allowing us to migrate to an independent page of the school website within the month.

Monday, March 7, 2011

Christendom En Islam deur J Lategan

Christendom en Islam is albei gelowe. In ons moderne samelewing is die geloof in God, of 'n god, as argais en irrelevant beskou; en tog is die grootste invloed op ons lewe, die Verenigde State van Amerika, 'n trots Christelike land. Veral na die elfde September 2001 is Islam in Westerse samelewing as 'n "boosheid," 'n "contra-Christelike geloof" of "terroristiese groep" beskou. Moslems is dus, ongelukking, aan stereotipering en diskriminasie blootgestel. In hierdie opstel word die feit dat Christendom en Islam eintlik baie eenders is bespreek.

Die sentrale idee, of "vereiste" vir albei die gelowe is dat mens in God glo. Vele mense is van die mening dat Christene in God glo en Moslems in Allah of 'n "ander god." In alle werklikheid is Alla die Standaard Arabiese woord vir "God", die selfde God waarin Christene glo.

Daar is vele Christelike denominasies en daar is wel verskille in wat hul glo en hoe hulle kerkdienste verloop. maar alle Christendom is in 'n paar konsepte gebaseer. Die konsepte word in the Geloofsbelydenis van Nicea uitgele. Die eerste, en sekerlik die belangrikste reel is: Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van die hemel en aarde, van alle sigbare en onsigbare dinge.

In die Inleiding tot die Koran staa: Alle heerlikehid aan Allah die Allerhoogste, (hy is) vol gendade. Alles is deur hom geskape. Allah word ook in die eerste dele van die Koran nie "Allah" of "God" genoem nie, Hy word na verwys as "Onderhouder van die werelde," "Heer" en "Skepper" -byna die selfdeas in Die Bybel.

Die hoof verskil tussen Christene en ander gelowe, insluitend islam, is Jesus Christus, waarvandan die woord "Christen" kom.

Christene glo dat Jesus "deur die heilige Gees uit die maagd Maria vlees geword [het]: Hy het mens geword." Moslems glo ook dat Maria maagd was toe Jesus deur God se woord aan haar gebore is, maard ie dat Hy die Seun van god is nie. Beide gelowe stel dat Jesus deur God gestuur is om Sy woord aan Israel te verkondig en is die vermoe gegee om wonderwerke uit te voer.

Volgens Christen tekste, is Jesus "vir ons gekruisig; Hy het gely en is begrawe," en die heel belangrikste, "op die derde dag he Hy...opgestaan en na die Hemel opgevaar."
Moslems glo dat Jesus nie gekruisig is nie en dat Hy nie eers dood is nie. islam tekste stel wel dat Jesus hemel toe opgevaar het en dat hy nog steeds lewendig was toe dit gebur het.

Vir Christene is Jesus die Verlosser en God se Seun. Volgens islam was Jesus niks meer as 'n profeet nie. Daar word baie in die Koran na Jesus verwys, en al kon hy wonderwerke uitvoer, glo Moslems dat Hy maar net 'n man was. Mohammad is Islam se hoof profeet.

Mohammed het openbaringe van God ontvang en dit neergeskryf. die skrifte is die Koran en islam is deur Mohammad met die Koran gevesting.

Die Koran is nie, en mag nie, vertaal word die - nie eers in die moderne Arabiese variante nie. wanneer Moslems bid gebruik hulle Klassieke, of "Koraniese", Arabies. Dit is amper presies die teenoorgestelde van die Christen Bybel. Die Bybel is nie deur 'n enkel mens geskryf nie en nie in een enkel taal nie. Die Bybel is 'n versameling tekste wat in Latyn, Grieks, Aramees en Hebreeus geskryf is en is vandag die mees vertaalde boek.

Tenspyte van die ooreenkomste tussen die twee gelowe, tenspyte van die feit dat albei gelowe in die selfde God glo, is daar eindloos konflik tussen Christene en Moslems. En tog staan daar in die Koran dat "almal wat in die Koran glo, en diegene wat Joodse skrifte volg, en Christene en Sabiers - en enige iemand wat in God glo...sal vanaf God hulle belonging kry; en hulle sal geen vrees he nie."

1 comment:

  1. Die twee gelowe verskill heelwat van mekaar want om in Christus te glo en die God van Christenne is 'n vry saak. Volgens die Kora'n moet die infidel (ongelowiges) gedood word, wat deel uitmaak van 'n heilige oorlog.

    ReplyDelete