VOX POPVLI :

VOX POPVLI :



Latin: /'vɒks pɒpjʉliː/ VOICE OF THE PEOPLE



It's Winter and we're Migrating

Exciting web developments are allowing us to migrate to an independent page of the school website within the month.

Monday, March 7, 2011

Die Rol Van Vroue In Die Samelewing deur J Lategan

In ons moderne samelewing is die vrou selfstandig, selfversekerd en sy bevorder haar loopbaan. 'n Paar eeue gelede sou 'n vrou ween die vrye denke as hekse vermoor word.

Vroue het 'n spesifieke rol in die wereld gehad. Een van die vrou se rolle was om kuns te inspireer, om 'n muse te wees. Die bekendste is sekerlik Beatrice Portinari, die vrou wat Dante Alighieri se lewenswerke - La Divina Commedia en La Vita Nuova - geinspireer het.

Dante het Beatrice die eerste keer gesien toe hy nege jaar oud was. Hy het haar eenmaal aanskou en was op haar verlief. Dante het sy hele lewe lank vir Beatrice byna aanbid. Volgens La Vita Nuova het Dante Beatrice net drie keer in sy lewe gesien.

La Divina Commedia is begin toe Dante tussen 35 en 40 jaar oud was. Selfs toe het dit vir Dante gevoel asof beatrice hom dophou en geestelik lei. Sy moes dus 'n enorme impak op Dante gehad het, dat hy haar so onthou het.

Die feit maark Beatrice onmiddelik anders as ander muses. Gewoonlik is die muse se enigste invloed 'n Latynse "illa" voor die gedig; of 'n "laat ons begin, volgens u wil" aan die begin van 'n epos. Maar beatrice was meer as slegs inspirasie. Sy word die onderwerp van Dante we werk - veral in La Vita Nuova.

Dante se sogenaamde aanbidding van Beatrice word in Paradisio, die derde deel van La Divina Commedia duidelik. Beatrice lei vir Dante na God. Dit word beskou as 'n metafoor wat daarop dui dat Dante God gevind het deur sy liefde of agting vir Beatrice.

Die kwessie is dan dus: wat was Beatrice se rol as muse en waarom het sy Dante so sterk beinvloed?

Alhoewel Dante voor die Nederlandse digter, Jacques Perk geleef het, beskryf Perk die Muse in sy gedigte baie goed.

Perk roep na Skoonheid en se dat haar naam heilig is. Perk haal dan die Bybel aan en beveel dat Skoonheid se wil geskied en dat haar heerskappy kom. Die opsomming van hoe die kunstenaar die muse beskou, word aan die einde van die derde strofe gestel; hy se dat, in vergelyking met die Skoonheid, aanbid die aarde geen ander god nie!

Dit is presies hoe Dante oor Beatrice gevoel het, maar hy stel nie eksplisiet dat beatrice aantreklik of slim is nie. is dit dan blote toeval dat Perk deur Mathilde Thomas geinspireer is? Perk het tog meer kontag met Mathilde gehad as Dante met Beatrice - dit verduidelik moontlik waarom hy eksplisiet oor haar skoonheid en wysheid skryf.

Dante word beskou as een van die wereld se beste skrywers en die Divina Commedia as sy heel beste werk. Dit is duidelik dat Dante die Commedia nie sonder Beatrice se inspirasie kon skryf nie. Mens kan dan aflei dat die muse se rol in die samelewing een van die heel belangrikstes is. As Dante nie sonder sy muse kon skryf nie (en Perk ook nie), sal daar dus sonder muses absolutt geen goeie en hoe kuns bestaan nie!

Een van die belangrikste elemente van enige kultuur is hul kuns. As 'n kultuur bestudder word, word die kuns ook bespreek. As kuns 'n fundementele deel van kultuur is, en as kuns nie sonder 'n muse kan bestaan nie, is dit dan vanselfsprekend dat 'n kultuur - 'n samelewing - nie sonder 'n muse en dus vroue kan funksioneer nie.

In die bekende Engels- en Nederlandstalige skrywers, Shakespeare en Nijhoff, se werke, word daar nie na 'n muse verwys soos in Dante en perk s'n nie. Maar tog is daar wel 'n vroulike invloed in party van hulle sonnette. Die sonnette handel oor die ordinere, nie-goddelike vrou as muse. Die werke herinder mens aan die feit dat Beatrice en Mathilde ook maar normale vroue was. Dante en Perk het die vroue, hul muses, in hulle literatuur verhef tot goddelikheid.

Die vrou, selfs die ordinere vrou, speel duidelik 'n groot rol in die samelewing. Kuns en literatuur is vandag in ons post-modernistiesie wereld nog steeds relevant en die vrou se invloed dus belangrik. Daar is tog agter elke man...

No comments:

Post a Comment